top of page


Raak Betrokke
GEBRUIK JOU GAWES EN MAAK 'N VERSKIL!
God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.
1 Petrus 4:10, NLV

Bo
Bedieninge waarin jy betrokke kan raak
Sang & Musiek
Psalm 22:4 sê dat God woon in die lofsange van Sy kinders en v24 gee ons die opdrag om God te prys. Die Woord is ‘n skatkis oor lofprysing, Hy is ons God, laat ons Hom dus loof en prys, dit is waarvoor ons gemaak is!
Die hoofdoel van alle byeenkomste moet altyd wees om in die teenwoordigheid van God te kom. Ons aanbid God en ons samekomste moet gekenmerk word deur die Heilige Gees salwing. Daar is niks so lekker as om die Here te gewaar in ons dienste nie. Lofprysing bring ‘n eenheid en as ons as een mens God loof gebeur daar wonderwerke !












