top of page

Bestuur jou Finansies op God se manier!

Woensdae 
19:00 by die
AGS Protea

Hierdie is 'n 10-weke kursus wat die volgende temas dek:

1 Eienaarskap

2 Werk

3 Om Raad te Vra

4 Besteding

5 Gee

6 Ken God in jou Geldsake

7 Eeirlikheid

8 Jou geld en die Ewigheid

9 Spaar

10 Geldmaak op God se manier

Hoe Om Dinamiese Bybelstudie Te Doen

T.B.A.

Almal sal saamstem dat dit van kritiese belang is om elke dag reg te eet. Mense doen baie moeite met hulle dieet. Kombuise word met groot sorg en beplanning ingerig en die regte gereedskap word met moeite aangeskaf. Daarvoor is mense gewillig om baie geld te spandeer en tyd af te staan. Dit is nie net nodig om te eet nie, dit is lekker ook - soms te lekker. Daarvan kan heelwat van ons se figure getuig. As mense maar net dieselfde passie met die versorging van hulle geestelike lewe aan die dag wou lê. Miskien is dit juis een van die probleme van ons tyd. Oor die algemeen doen mense maar baie min moeite om geestelik versorg te word en dan is hulle verbaas dat hulle onder moeilike omstandighede nie kan staande bly nie. Sommige mense sê hulle lees tog elke dag Bybel. Ander kla weer dat hulle nie weet hoe om met die Bybel te werk nie omdat dit so 'n moeilike boek is. En tog stem almal saam dat geestelike voedsel van die uiterste belang is. Mens kan net so min daarsonder klaarkom as wat jou lliggaam sonder kos kan regkom. Die bedoeling van hierdie reeks is om jou te help om nie net Bybel te lees nie, ook nie om net Bybelstudie te doen nie, maar om dinamies Bybelstudie te doen. Die verskil tussen Bybel lees, Bybelstudie doen en om dit dinamies te doen, lê daarin dat laasgenoemde jou leer om die effek van God se Woord prakties in jou lewe te ondervind. Per slot van rekening is God se bedoeling met sy Woord nie net om 'n klomp inligting bekend te maak nie, maar om dit te doen sodat dit jou kan help om al beter so te lewe dat jy die Here in jou lewe sal verheerlik. Dit beteken dat jy deur die bestudering van die Bybel almeer soos Jesus moet lewe. Daarom is dit belangrik om te ontdek hoe om Bybelstudie te doen sodat jy daar kan kom. Hierdie reeks sluit in 'n groot mate aan by Rick Warren se boek met die titel "Bible study methods". Dit word egter in ons eie konteks aangepas en bygewerk. Deur na verskillende Bybelstudie metodes te kyk, kan jy uiteindelik een of twee ontdek wat by jou spiritualiteit en persoonlike behoeftes pas. Geniet die ontdekkingstog.

021 - 872 54 73

agspaarl@gmail.com

Hoofstraat 263, Esterville,
Paarl, 7646

Tye

Dinsdae - Vrydae: 8vm - 1nm

​​Maandae & Saterdae: Gesluit

Sondae: 8vm - 12nm

 
 
 
 
 
 

©2018 Dr Etienne van Heerden_AGS Paarl

  • Black Facebook Icon
AFM Logo_Transparent.png
bottom of page